Die Paganini-effek

Ek is nie iemand wat ooit suksesvol op “stand-by” kan wees nie.  Ook nie die persoon wat jy in die middel van die nag bel as daar ’n krisis is nie.  Dit wil voorkom of ek slegs ’n baie klein deeltjie van my brein tot my beskikking het as ek in die middel van die nag moet funksioneer.  Hoe my kinders lewend gebly het deur al die nagte van borsvoeding bly ’n wonder.

Die rede hoekom ek die gewaarwording opnuut weer beleef, is omdat ek gisteraand ’n uiters eienaardige nag gehad het…

Ten eerste is ek besig met ’n psigologiese riller (wel in Nederlands so alles klink grappiger) wat my tot 01:00 besig gehou het.  Net voor ek my lig afsit, het ek gou vir Dobby gevat vir ’n piepie. Aangesien ek in die bed gelê het, is ek nie ten volle gekleed vir buite rondloop nie, so ek het hom net by die deur laat uitglip met die verwagtiging dat hy  ’n draaitjie sal loop en dan dadelik terug kom.  Dit gebeur dan klaarblyklik net met die Dog Whisperer se honde, want my hond verdwyn die nag in.

Ten lange laas het ek maar gaan aantrek en met geen glimlag hom terug in die huis.  Teen  03:00 word ek wakker gemaak deur ’n lang snoet in my gesig.  Nogsteeds vies vir hom laat ek hom verstaan dat hy moet gaan slaap. Dit doen hy natuurlik nie, maar wel klein tjankies en dan staan hy op, loop na die voordeur en weer terug in my gesig.  Met moeite is ek weer op en die keer aan die lang “lead” staan ek binne en jaag hom uit om te gaan piepie.  Niks! Die katte glip wel uit. Terug bed toe met ’n “Gaan slaap nou!”

So gelukkig is ek toe nie.  In my benewelde toestand probeer ek uit-figure wat aan die gang is, want hy is normaalweg baie soet.  Dalk is daar iemand buite wat hy gewaar, maar dan sal hy tog blaf? Dalk is daar ’n vos… Eet vosse katte?  My gedagtes tussen slaap en wakker en of karnivore ander karnivore sal eet en of Loki vinnig genoeg gaan wees as ’n vos hom jaag en hoekom tjank Dobby? Teen 04:00 trek ek maar weer aan en vat hom die keer heeltemal buiten toe.  O genade!!!!!  Die ou se maag is onderstebo – vandaar sy benoudheid.

Uiteindelik oorval die slaap vir beide van ons en ek skrik net voor 09:00 wakker met die besef dat ek en Elmi 09:30 vir ons Koffiekonsert moet vertrek as ons betyds wil wees.  Ons het so ’n halfhartige poging aangewend, maar gou besef dat daar 2 leë sitplekke by die konsert gaan wees.  Ook maar goed, want ek het nooit, in al my beplanning, ’n tydjie vir die huur van Wilhelmpie se viool ingereken nie.

Jip, die arme seuntjie moet na die vakansie ’n instrument hê vir sy musiekklasse.  Na al die gesukkel om plek in die kar te kry vir ’n tjello het ons op ’n viooltjie besluit.  Daar is ’n winkel in die Centrum van Den Haag wat viole verhuur en ons vat die pad na ons geliefde Bus 24 halte.  Net voor ons by die halte kom, sê Wilhelmpie met groot oë dat sy buspasje nog in sy skooltas is…

Te laat vir omdraai en ons klim die bus.  Ek verduidelik vir die bestuurder dat “de jongetje geen buspasje” het.  Daar kan ons ’n kaartjie vir ’n uur koop @ 3,50 Euro.

IMG_4193.JPG

Hoekom het ek nie vroeër hiervan geweet nie?!

Hier is ons weer!

IMG_4191.JPG

Ons ken al vir Bus 24 so goed en klim weer by die Bibliotheek af.  Kry vir Wilhelmpie ’n burgertjie by KFC.

IMG_4195.JPG

Ja, net so lekker soos in Suid-Afrika!

IMG_4196.JPG

Kyk wat sien ek…?

IMG_4215.jpg

Ta-daaa!

IMG_4204.jpg

Die excitement is groot. Hulle het hom gemeet en hy gaan ’n ½ viooltjie kry. Cuteness in ’n kissie!

IMG_4207.jpg

En hier is dit!

IMG_4211.jpg

Ou Elmi mis al haar tjello so dat ons besluit om vir haar ’n tjello te huur tot haar tjello kom, maar hulle het ongelukkig nie ’n volgrootte nie.  Sy was maar bietjie sad, maar was darem baie bly om net weer vir so ’n bietjie ’n tjello’tjie te kan vashou.

IMG_4210.jpg

Hier is die man met sy nuwe viool.  Elmi het al vir hom ’n les gegee, maar sy is baie streng.  Dink hy sal eerder verkies om ’n ander juffrou te hê.

IMG_4212.jpg

Oppad terug na ons bushalte betrap ons dit.  Munte wat in die pad geset is.  Ongelooflike mooi effek.

IMG_4216.jpg

Na die lang dag loop ons hierdie laaste stukkie wysheid raak:

IMG_4219.jpg

Advertenties

BSN-nommer by gebrek aan ’n geboortesertifikaat.

So daag DSL toe op met ons paspoorte en alhoewel hy my bietjie aangejaag het en 3 keer gebel het om “snel” te maak, want ek en Dobby het gaan stap en toe hy bel, was ons natuurlik op die verste punt, het ons ons dokumente.

Isabelle sou ons vandag kom haal en dan is die plan om met die (regte) bus terug te kom huis toe.  Die probleem: Die tyd wat Cobus vir my gegee het en Isabelle se tyd stem nie ooreen nie.  Oeps, sê die Franse vroutjie, sy het ’n foutjie gemaak – sy kom haal ons ’n uurtjie vroeër.  Niks wat ’n bietjie aanjaag en gefrustreede aanmerkings nie kan regstel nie en ons is betyds.

Toe ons egter by die expat sentrum opdaag weet hulle niks van ’n afspraak nie.  Nee, sê Isabelle, dit kan nie waar wees.  As ek hulle was, sou ek haar nie kwaad maak nie, want ek het haar al in Frans hoor vloek as mense voor haar inry.  Ek ken net een Franse vloekwoord en hy was tussen ’n hele klomp onbekendes ingedruk.  Nee sê die outjie, dis sy fout – hy het die afspraak vir Woensdag gemaak, maar in sy mail gesê dis Dinsdag.  Sal ons omgee om te wag…?

Wilhelmpie het die meeste gemaak van die wagtyd – ek moes hom fisies wakker skud.  Die een tannie het gedink hy herstel nog van jet-lag.  Ek het maar net verleë gegiggel en haar nie reggehelp nie.

IMG_4180.jpg

Dink ou Isabelle is al spyt sy het ons as familie getrek…

IMG_4175.jpg

Toe dit uiteindelik ons beurt is, vra die outjie waar is my en Cobus se geboortesertifikate. Ons wat?!  Dis nie asof ek dit vergeet het nie – ek besit nie een nie.  Toe ons gelees het dat ons geboorte- en huweliksertifikate moet bring, het ons aangeneem dis die kleintjies se geboortesertifikate en ons huweliksertifikaat. (Waarvoor ons meer as 3 maande gewag het)  “Nee”, sê die outjie, “ons met net by ons geboortedorp navraag doen vir ons geboortesertifikate en dit dan stuur vir die Apostille tjap.”  Ek vra baie beleefd vir hom of hy al in Suid-Afrika was?  “Nee”, antwoord hy verbaas – “Duidelik nie”, sê ek, “anders sou jy nooit aangeneem het dit sal so eenvoudig wees nie!”

IMG_4177.jpg

My arme ma gaan nou probeer uitvind of sy in Caledon enige rekord van my kan kry,  en dan aansoek doen vir ’n unabridged weergawe en dit dan te stuur vir die stupid tjap.  Arme Ma Martie gaan dieselfde lot tref.

Dis hoe die tjappie lyk.  Nogal mooi, maar gans te veel moeite.

2017-10-17-PHOTO-00001603.jpg

Gelukkig kon ek darem my BSN nommer kry (die kleintjies ook) – ek is net sonder “ouders” en “geboorteplaats”.

Met ons splinternuwe BSN-nommers is ons na die Bibliotheek vir ons pasjes.  Sowaar, aangesluit en boeke uitgeneem vandag.  Die vrou moes dit baie vreemd gevind het dat my mond so oopgehang het terwyl sy my verduidelik hoe om boeke uit te neem.  Ek vra of daar iemand is wat vir my kan wys – nee, slegs ’n masjien.

Laat ek verduidelik:  Jy soek tussen duisende boekie jou tot 12 boeke uit.  Dan gaan jy na die masjien. Jy lê jou pasje op ietsie wat lyk soos ’n kredietkaartmasjien – dan sit jy jou boeke een vir een op iets wat lyk soos ’n skaal en as jy almal deurgewerk het, druk jy ’n knoppie en dan print die masjien vir jou ’n “bonnetje” wat sê wanneer jou boeke moet terug.  As jy klaar is met dit alles gaan jy huis toe.

Hier is Wilhelmpie se boek.

IMG_4188.jpg

Na ’n heerlike koffetjie en tosti sommer in die Bibliotheek

IMG_4182.jpg

het ons wrintiewaar op die regte bus geklim.  My beloved Bus 24!

IMG_4186.jpg

Ons gesels nog so lekker toe die vrou langs my vra of ons van Suid-Afrika is. Sy sê sy het eers gedink ons is van Swede, maar toe hoor sy dit moet seker Afrikaans wees. (’n Hele paar mense wou al weet of ons van Swede af kom – vreemd…)  Die rede hoekom sy so opgewonde was oor ons, is dat sy en haar gesin volgende jaar Februarie, Suid-Afrika toe gaan.  Ons het heel lekker gesels en ek het al haar vrae beantwoord en op die einde haar ’n “leuk vakantie” toegewens.  Ek hoop werklik hulle het ’n heerlike tyd en wees maar verdraagsaam met al die buitelanders – hulle sit my my aan hierdie kant. 😉

Dummie de mummie (of eerder Dommie die mammie)

So is die naweek verby en is Cobus Sondagaand Amsterdam toe 😦 , maar darem nie voordat ons nie ’n heerlike naweek gehad het nie.

Ek en Cobus moes Vrydagmiddag na die huurhuise gaan kyk en oppad terug by die Haagsche Beek gaan eet – ietsie soos Pearly’s as ek nou moet vergelyk.  Ons het nog net lekker daar geëet.

haagschebeek_voorkant.jpg

Die kleintjie was treurig en het belowe dat hulle Sondag saam met ons sal gaan op ’n uitstappie as hulle Saterdag by die huis kan bly.  Meester onderhandelaars.

Ons missie: Cobus wou sien hoe lyk Tomatenstraat en hy soek tasjes vir sy fiets en kabelbinders/kabelrapps – cable ties. Oppad is ons eers deur Bosjes van Pex vir ’n appeltaartje natuurlik!

IMG_0097.jpg

Na al ons inkopies het ons gaan middagete eet by ’n klein restaurantjie waar hulle tweedehandse boeke verkoop.  Ons dog dis 3 boeke vir 5 Euro en toe Cobus gaan betaal toe is dit 50c ’n boek.  Die grootste bargain wat ons al teegekom het! Ons het ’n Konsalik omnibus, ’n Hitchkok kortverhaalboekie en vir my ’n erg riller – alles in Nederlands.

Sondag was ons na Kijkduinstrand met Dobby.  Ons het sommer by so ’n stalletjie vis en chips gekoop en dit was heel moontlik die lekkerste vis wat ons al geëet het.  Dit was ’n eenparige besluit.  Oppad na die strand moes Cobus omdraai vir Dobby se poefsakkies en gelukkig ook, want Cobus was nog nie terug nie toe oorval die groot bol weer vir Dobby sommer in die straat.  Heel in ons noppies dat daardie afdeling afgehandel is, gaan ons vir ons strand uitstappie.  Na die heerlike vis gaan ons vir ’n wandeling by die see en daar oorval ’n nommer 2 weer vir Dobby! Waar is die sakkies?  In my tasjes op my fiets ver van waar ons is.  Die uiteinde – Arme Cobus moes sy sakdoek gebruik om die besigheid op te tel om dit met sakdoek en al in die vuillisblik te gooi.  Shame.

Wel, ek het Sondag ’n vakansieprogram vir die kiddies uitgewerk sodat hulle nie die heel dag voor die rekenaar sit nie.  Vandag moes ons gaan fliek.  Ek wou aanvanklik hê dat ons sommer twee flieks moes kyk, want dit is nogal ver, maar ek kon nie op kort kennisgewing iemand kry om vir Dobby uit te vat vir ’n plasje nie (en soos ek hom ken ’n poef ook!).  Ek het al uit ondervinding geleer dat as Google sê 30 min dan is dit vir my ’n uur.  Die fliek wat Elmi verkies het, begin 9:55 en ons trek net na 9:00 van die huis met Google maps in die hand.

Alles gaan redelik goed tot ons ’n pad misry wat nie bestaan nie.  Waar die fietspad moet wees is ’n paadjie met diep duinsand.  Volgens Google is daar nie ’n ander uitweg as deur daardie sandput nie en ons moet die 400m stoot, want ry kan jy nie in daardie sand nie – het probeer – geen sukses.

Hier is hulle sin vir fliek al op…

IMG_4153.jpg

Na die sand gaan ons voort op die fietspad – net om ’n paar kilometer verder weer deur Google in die steek gelaat te word. Ons moet regs draai, maar daar is verbouings en weg is die pad!

Dis wat oorgebly het van ons regsdraai.

IMG_4155.jpg

Elmi was op die stadium al so vies dat sy die huis sleutels wou hê om om te draai, maar sy moes my eers vang…

So ry ons verder en uiteindelik is ons by die Pathé in Scheveningen – so amper 9km van Kijkduin. Die Pathé is die filmhuis waar ons toe te laat is vir Elmi se fliek, maar betyds vir Dummie de Mummie.

IMG_4158.jpg

Ou Wilhelmpie het die fliek baie geniet.  Elmi…, wel laat ek sê sy het gebly tot die einde en selfs ’n paar keer gelag.

dummiedemummie3bigstill1.jpg

Toe is dit die pad terug.  Die probleem:  My foon se battery is 1%.  Wat beteken dit?  Geen Google Maps – net Mammie Maps en almal wat my ken sal weet dat dit eintlik beter vir jou gaan wees om geblinddoek jou eie weg te vind as om vir my vir aanwysings te vra.  Tog is dit nou so en al wat ek het is die bordjies in die straat.  Wat ek al geleer het is dat die rooi en wit bordjies klaarblyklik vir fietse is en buurte aanwys.  As daar ’n Kijkduin 8 bordjie is, is dit die rigting waarin jy moet ry en jy weet dit is nog baie ver.  Hoe kleiner die nommer, hoe nader is jy.

IMG_4174.jpg

So is dit soos ’n skattejag – jy is die heeltyd opsoek na bordjies.  Alles gaan verbasend goed todat ons pad doodloop.  Twee rooi, sweet gesiggies is redelik geïriteerd toe ek aankondig dat ons ’n bordjie gemis het.  Gelukkig net so 50m terug, maar wat vind ons toe ons die paadjie regs vat – ja, die donnerse sandpad!  As ek verby my aanvanklik euforia van ons is tog op die regte pad kyk, het die mismoedigheid my ook oorval met die aanskou van die dik sand, maar dis die enigste manier hoe ek sonder GPS by die huis kan kom en dis die pad wat my rooi en wit bordjies wys – so stoot.

Ek sal nou nie vandag as ’n volkome sukses uitmaak nie, maar tog dink ek die kleintjies is trots (hulle sal dit nooit ruiterlik erken) dat hulle die pad oorleef het. Ek is geweldig trots op myself dat ek weer die huis gevind het sonder enige elektroniese hulp en die fliek was baie cute.

Môre gaan ons weer probeer vir ons BSN nommer.  Die probleem:  Cobus is Amsterdam toe met ons paspoorte en al die ander nodige dokumente.  DHL bring dit glo môre 7:30am…

 

 

 

Wishy-Washy

Ek sal nooit genomineerd word vir ’n huisskoonmaak-prys.  My ma, my man en enige kamermaat wat ek al gehad het, sal dit kan be-aam.  Ek het defnitief netjieser geraak deur die jare, maar dit is nie iets wat vir my natuurlik kom nie.  Daar is baie ander dinge wat ek eerder sal wil doen as huisskoonmaak – tog geniet ek dit terdeë as my huis skoon is – ek wil dit net nie noodwendig self doen nie. In dieselfde asem moet ek seker ook net noem dat ek al menigte maal by my ma gekla en gedreig het om vir Pam te “fire”.

Die ding van huisskoonmaak is dat as jy dit eers self doen (soos gedurende die lang vakansies wat Pam altyd gevat het), dan sien jy al die hoekies en draaitjies wat in maande nooit skoongemaak is nie. Die probleem nou is dat daar geen Pam meer is om te blameer as die hoekies en draaitjies nie meer skoon is nie. Hier is dit net ek.

Dis nogal ’n gedagte waaraan ek nog sukkel om aan gewoond te raak. Dit gaan al ’n bietjie beter en ek begin besef dat dit ’n daaglikse leefwyse moet wees en nie noodwendig ’n spesifieke skoonmaakdag nie. Elke keer as jy klaar tandegeborsel het, moet jy die wasbak uitwas – so ook die toilet.  Die vloer moet elke dag deurgeloop word met die stofsuiertjie – hulle noem dit ’n “krummeldief”. Dobby se voete moet afgevee word elke keer as hy buite was – die skoene word ook by die deur uitgetrek, maar steeds na al my voorsorgmaatreëls vee Cobus nog elke aand die sand van sy voete voor hy in die bed klim.

Die kleintjies mag geen papier, bord of beker êrens laat staan nie en ek weier om in hulle kamer in te gaan.  As hulle happy is met kakkerlakke onder hulle bed “then good for them”.

Vrydae het ek uitgesit vir wasdag en Elmi moet oor die naweek die strykwerk doen.  Ek dink die mense by die werk frons bietjie oor Cobus se hemde, want ek skud hulle eintlik net goed uit en hang hulle dan in die kas.  Wat die wassery betref is dit nogal ’n moeilke saak.  Verlede Vrydag was my vuurdoop en ek moes in die reën die lang pad na die wassery stap (amper 600m) – dit klink nie so ver nie, maar doen dit nou met die week se wasgoed in die reën… Dit kos 5 Euro vir een was dit is R80! Die droër is 50c vir 10 min – R8.  So dis is nie ’n goedkoop uitstappie nie, want ek het gewoontlik 2 bondels.

52898175525__1AAD18E3-2F84-4BE0-A925-042B66494B8D.jpg

Die ding van droërs is dat daar iemand in die masjien sit wat jou klere kleiner maak.  Een van Cobus se T-shirts het uitgekom in Elmi se seize – sy kla nie en het hom al skool toe aangetrek. My jeans word ook kleiner, maar ek dink dit is meer die stroopwafels se skuld…

Vandag het die wassery eintlik baie goed gegaan, want die sonnetjie het geskyn en ek hoef nie vir ’n wasmasjien te gesit en wag het nie. So, all good en my wasgoed is klaar tot volgende Vrydag!

 

 

 

Kan dit wees…

Kan dit waar wees dat ek my eerste dag sonder ’n reuse ramp beleef het?!

Ek het vandag weer na ’n huisie gaan kyk en ek dink nogal “it’s the one”.

Is ’n fraai huisie né en nogal alleenstaande. Ons deel geen muur met enig iemand anders!

726_2160.jpg

Die eiendomsagent is al besig om die dokumente op te trek en te onderhandel oor ’n paar goed.  Cobus moet nog die huis besigtig en hy kyk heeltemal anders as ek.  Hy gebruik wrintiewaar sy oë en verstand, terwyl ek maar geneigd is om met die hart te kyk.  Ek hoop werklik alles werk nou mooi uit en dat ons dalk al begin Oktober kan intrek.

Verdere sukses was dat ek ’n sleutelmaker opgespoor het wat ’n spaarsleutel vir Wilhelmpie se fiets kon maak en ook kan help met toekomstige skoenprobleme.

Ek het gaan koffie drink in ’n uiters eienaardige koffiewinkel – weet nie eintlik wat mens dit moet noem nie. Casino/kroeg/koffiewinkel/restaurant?

Ja, die omie dobbel en ek sit en drink ‘n cappuccino.

IMG_4123.jpg

So ’n ietsie van alles plekkie…

IMG_4124.jpg

Bly net vir my mooi!

IMG_4114.jpg

 

Platwiel en ander probleme

Mens sou dink dat daar net een dag sal verloop waar alles net reg loop, maar mens sou verkeerd wees…

Vandag was die dag waar ek 4 potensiële huurhuise moes gaan besigtig.  Ek moes vir Isabelle 10:00 by die eerste huis kry.  Proatief, soos ek mos maar is, besluit ek om 15 minute vroeër te ry as wat Google sê aangesien ek mos maar nie die vinnigste fiets op die pad is nie.  Ek gaan by die paadjie van ons huis na die pad af en voel sommer dadelik iets klop niet.  Ek het ’n “platband” en met ’n platband kan mens defnitief nêrens heen ry nie.  Ek bel vir Isabelle om te hoor of sy my kan kom haal, maar heelaas is sy aan die anderkant van Den Haag en sal omtrent 30 min vat om tot by my te kom.  Ek sal my geliefde bus 24 moet vat…

IMG_4097.jpg

Die probleem: teen die tyd is dit al 9:29.  Die bus kom 9:30 en dan weer 9:40.  Google sê dit gaan my 16 min vat om tot by die busstop te kom.  Tight squeeze.  Ek begin my stappie, maar besef bitter gou dat my loopgang net so pateties stadig is as my “fietsen” en dat ek waarskynlik eers betyds gaan wees vir die 9:50 bus en dit kan gewoon nie.  Ek begin draf en oorweeg om ’n tannie wat haar hond inlaai te vra of sy my kan lift tot by die stop – sy kan nie anders as om daar verby te ry nie, maar besef ook dat sy net moontlik kan dink ek is van lootjie getik.

Ek begin sprint.  Stap weer as ek nie meer kan asemhaal nie en sprint dan weer.  Ek begin sien die busstop, maar ook die bus en ek is nog nie daar nie.  Die laaste stukkie hardloop ek voluit – die rooi robotmannetjie se gat en vir ’n tyd is ek langs die bus en toe op dit.  Die tannie wat ewe rustig op die bus sit, sê: “De bus is 2 minuten vroeg.”  Ek het geen asem om te reageer nie – knik net en dis net sweet wat spat.  Die bus is lekker warm en ek is lekker warm en dit lyk of ek in ’n sauna sit.  Die sweet loop my af en ek kry dit nie gekeer nie.  Ek het natuurlik ’n wit hemp ook aan en kan nie eens die sweet aan my mou afveen nie.  Niemand het kans gesien om langs my te sit nie.  Ek het eintlik self ook nie…

Julle sal my nie glo nie, maar ek was op die ou einde voor Isabelle by die huis – omdat die bus so lekker vroeg begin het en sekere busbestuurders vat die draaie vinniger as ander.

Die huise is almal mooi – ek het weer vanmiddag vir Cobus en die kleintjies 2 van hulle gaan wys en die kiddies is veral mal oor die eerste een.  Regtig ’n mooie, mooie huis met egte houtvloere en ’n woonstelletjie vir Elmi en alles, maar dis ver van die skool af – so 6,5 km.  Dit klink op papier nie so ver nie, maar as die wind en reën van voor af kom kom, gaan dit jou die beste deel van 40 minute vat.

Die ander huise is nie so indrukwekkend nie, maar baie meer prakties. Ek gaan môre na nog enetjie kyk en dan sal ons moet gou besluit, want die feit dat ons nie ’n permanente adres het nie, maar dit onmoontlik om ’n BSN nommer te kry.  Die kleintjies het spesiale vergunning gekry om vandag vroeër te gaan vir hul BSN nommer (iets soos die Amerikaners se social security nummer), maar ons is weggewys omdat ons nie ’n bewys van adres het nie. Soos ek al vroeër genoem het, ons pakseltjie uit Suid-Afrika kan nie kom voor ons nie ’n nommer het nie.

Die lekker van die dag was dat Cobus ons al 14:00 opgetel het en ons as gesin die hele middag kon saam spandeer.  Ek weet dinge gaan binnekort in plek begin val – ek voel dit in my gebeendere…

International Day

So word ons eers vanoggend 7:30 wakker.  Die impak van dit: Cobus het 8:30 ’n afspraak in Rotterdam en die oggend verkeer bring mee dat sy reistyd 45 min is. Wilhelmpie het ook  sy International Day wat beteken dat 9 koppies karringmelkpoeding op een of ander manier op die fietse tot by die skool vervoer moet word. Elmi vat ten minste 45 min om reg te maak. Hulle skool begin ook 8:30. Nodeloos om dan seker te sê dat dit so ’n bietjie bedrywig vanoggend was.

Cobus is weg en was uiteindelik 6 min laat. Elmi se fiets het ’n kratjie agterop waarin ek die 9 koppies poeding laai met ’n vatdoek bo-oor en ’n snyplank bo-op en dan haar tas bo-op dit om alles by mekaar te hou. Ek, Dobby en Wilhelmpie kom agterna.  ’n Groot bol oorval vir Dobby in die middel van die rit en dit bring toe my fiets tot ’n skielike halt, maar die kleintjies fiets voort en ek vang weer op met hulle by die skool 3min voor die klok lui!

Met die neersit van die kos in die Conference Room, besef ek niemand sou my armsalige poeding’tjies eers gemis het nie, want dit is totale choas.  Ek het ’n afspraak met ’n eiendomsagent 10:15 so ek kon nie help nie, want ekself het net ’n jean aangepluk en tande geborsel.

Die huis soekery is moeilik. Daar is ’n paar opsies… Ons kan ’n goedkoop huis in ’n nie so ’n watse buurt kry naby die skool wat eintlik heel mooi binne is en 2 huise van ’n bakkery is.  Of ons kan ’n pragtige huis wat nuut, soos in splinternuut, oorgedoen is in ’n baie goeie buurt verder van die skool af (steeds doenbaar – 3km) teen dubbel die goedkoop ene se prys.  Ek het hulle beide vandag gaan kyk en sien nog ’n paar huise later die week.

Ons bly baie lekker en dit is heerlik dat die kleintjies so maklik skool toe kan ry, maar spasie is regtig ’n probleem.  My werksarea in die kombuis is 400cmx400cm. Dit is tussen die wasbak en die stoof en dan is daar een kassie met 2 deure vir al ons breekgoed en inkopies en dan nog een klein kassie wat 3 bokse pap hou.  Dit is dit. So, alhoewel daar ’n heerlike sitkamer en 3 groot kamers is, is die pakplek maar min en ons het werklik nie baie goed nie.  Onthou julle? Julle almal het die meeste van my goed. So die lank en die kort is dat ons eintlik baie graag ons eie huis wil hê met lessenaartjies vir die kiddies en so aan.

Wel, na my eerste huisafspraak, stop ek toe weer by die skool onder die vaandel van hulp aanbied, maar eintlik net om my koppie’tjies terug te kry. Hulle is nou wel nie wat nie, maar hulle is nie myne nie en ek sal nie weet waar om te gaan om hulle te vervang nie. My werk was om al die terte en koeke te sny – so toe ek by my poeding kom besluit ek dat ek hulle uit die koppies gaan haal en uitpak op ’n bordjie. Die koppies sommer in my “fietstasjes” ingelaai.

Het darem die datum reggehad!

IMG_4074.jpg

Die vlae hang altyd – nie net vir International Day nie.  Maak nogal ’n mooi prentjie.

IMG_4077.jpg

Hier kan die kinders sit wat nie klas het nie.  Hulle speel sommer musiek ook.

IMG_4079.jpg

Sommer net nog ’n foto van die skool.

IMG_4080.jpg

Dit wil voorkom daar is nog ’n paar Suid-Afrikanertjies in Year 7, want daar was 2 bordjies koeksusters (het maar gelyk soos eerste probeerslae – shame), ’n melktert en ’n malvapoeding.

Hier is die melktert met my snyvernuf ten toon gestel – dink nie ek sal weer gevra word nie.

IMG_4081.jpg

Hier die malvatert – die tannie is nogal ge-organiseerd. Sy het vla, servette, houtvurkies, en papierborde saamgestuur.

IMG_4083.jpg

En hier is my karringmelkpoeding pogings – lyk ook maar ingat, maar ten minste het ek probeer nes die vrou met die koeksusters.

IMG_4082.jpg

Die res van my dag het bestaan uit allerlei takies van hondekos gaan koop (ook in my fietstasjes gelaai) my fiets spieëltjie laat opsit by my fietsman, wat ek vermoed soms ’n bietjie dagga gebruik. Verder het ek gister ’n patent by die dierewinkel gekoop wat klaarblyklik sou help dat Dobby nie tussen my fietsspeke kom nie, maar hy is so bang vir dit dat hy skoon uit sy nuwe teugje klim.  Dit het ek gaan teruggee.  My dagtakies word dan afgesluit met die besoek aan die pragtige huis in Tomatenstraat.  Sê vir my ma dat sover ek weet is dit nie altyd so ’n goeie ding om jouself in Tamatiestraat te bevind nie.

Ten midde van al bogenoemde, lui my foon. Elmi, so in trane dat sy nie behoorlik kan praat nie.  Daar was ’n bomdreigement by hulle skool en hulle is ontruim en huis toe gestuur.  Hulle het later ’n mail gestuur wat verduidelik: “This afternoon, along with 11 schools in The Netherlands, we received a phone call falsely indicating that there was a suspicious package on the premises. We immediately followed protocol, and within minutes, the police came to assist us in dealing with the situation.”  Sjoe, ons vlieg nou tussen die hoë bome.

Amper vergeet ek.  Die afgelope naweek moes ons as familie ’n spanpoging aanwend om vir arme Wilhelmpie te help, want hy moes ’n drama opvoering hou vir International Day, wat hy natuurlik dadelik ge – organized het dat hy eerder ’n stop motion video gaan maak. Elmi het al die tekeninge gemaak, Wilhelmpie het die idee uitgedink en ek het hom gehelp met die teks en die musiek en Cobus het die stop motion gedoen.  Was nogal harde werk, maar Wilhelm sê die kinders het gedink dis baie cool. Ons dink ook dis cool.

Hier is die video.

Being New

 

 

Bus-debakels

So wil ek vir Dobby ’n “regenjasje” kry, maar dit is 6 km van ons Kijkduin huisie af en Dobby moet by wees om te pas.  Dit beteken dat ons die bus moet vat.  Die probleempie: my geld is feitlik op op my OV-chipkaart – dink ek het net 70c oor, maar dit behoort genoeg te wees vir die gaan slag, maar nie vir terugkom.  Die plan:  ek moet êrens ’n plekkie kry om geld op die kaart te laai.

So begin ek Dobby ons reis na Statenkwartieren, een van die mooiste buurte in Den Haag  en ook die plek waar die dierewinkel hom bevind. Ou Dobby klim wonder bo wonder sonder aarseling op die bus en ek het, soos vermoed, genoeg geld vir my rit.

IMG_4040.jpg

Die probleem: dis die verkeerde bus! Ek kyk op Google Maps hoe ek al verder en verder wegbeweeg in die verkeerde rigting.  Af moet ek, maar waar? Ek besef die beste plan sou seker wees om vroeër af te klim as later, maar ek het kinderlik bly glo dat die bus sou terugdraai na waarheen ek eintlik wou wees, maar helaas toe nou nie.

Toe ek en Dobby afklim is ons Oos in plaas van Noord.  ’n Mannetjie verduidelik vir my hoe om by Albert Hein uit te kom waar ek vermoedelik geld op my kaart kan laai.  “Nee jammer, wij accepteer alleen pinnen – geen kontant of Visa”  Ek het natuurlik nie ’n pinnenkaart nie 😦 slegs Visa en kontant!  Sy verduidelik dat ek op trem 6 moet klim en dit sal net 40c kos om by “Centraal Station” te kom – daar DINK sy sal ek dalk met kontant kan betaal.  Dink ek ek het nog 40c op my kaart?  Hoe moet ek weet?!!!!

Dobby op die trem.

IMG_4041.jpg

Al hoe mens gaan weet is om te probeer.  Klim op trem 6 en swipe my kaartjie en welliswaar steeds ’n groen liggie!  Nêrens op die roete sien ek enigiets wat lyk na “Centraal Station”. Ek het ook vergeet om te vra of dit die naam van die stop is of slegs die stasie se naam. Toe, ewe skielik is ons in ’n tonnel!  Nou kan ek nie eens sien of ons by ’n stasie is nie. Ou Dobby ry ewe gedweë saam.  Nadat die helfte van my medepasasiers by “Groote Markt” afgeklim het, besluit ek dat ons die volgende stop gaan probeer…

Die probleem: trappe! Ou Dobby het ’n heilige vrees vir oop trappe en ons keuse? Oop trappe of ’n roltrap. Hy het sommer self die keuse gemaak en ons is met ’n spoed die trappe uit – ek vermoed hy het sy oë toegeknyp en gehardloop.  Bo sien ek niks wat lyk soos ’n plek wat my kan help met my kaartjie.  Vra weer vir ’n mannetjie, wat my natuurlik heeltemaal verkeerd verstaan en my verduidelik na ’n OTM oorkant KFC. (Jip hier is ook een.)

Google Maps beaam wat die Albert Hein meisie gesê het en ek klim weer op trem 6 (het te vroeg afgeklim).  En daar is dit: Die rooi liggie wat aankondig dat ek nie meer genoeg fondse het om saam te ry nie.  Sal ewig dankbaar wees vir die gawe busbestuurder wat beduie ek kan maar gaan sit. Ek vra ’n vroutjie wat reeds sit of ek en Dobby maar langs haar kan plek inneem en vra toe ook sommer of die trem na Centraal Station gaan.  Sy beaam en ek verneem toe ook sommer verder of sy dink ek sal geld kan laai op my OV-kaart met kontant of Visa.  “Komt jij vanuit Zuid-Afrika”, wil sy weet. Kopknikkend smeek ek verder om inligting om by die stasie te kom en weer ’n werkende OV-kaart te kry.  “Nee”, verseker ek haar, “hy is nie kapoet net leeg!”

Die engel op die bus neem my tot by die OV kantore by Cetraal Station, waar ek sommer 40 Euro oplaai.  Ek het altyd gesê ek voel die wêreld lê aan my voete as ek ’n vol tenk brandstof het, maar ek sê vandag vir julle. Die wêreld is ’n donker en triestige plek met ’n leë OV- kaart.

So het die engel op die bus gesê ons moet trem 16 vat na Museon – die plek waarna ons aanvanklik, wat soos dae terug voel, oppad was. Groot was beide my en Dobby se verligting toe ons uiteindelik by die dierewinkel uitkom.  Met sy “regenjasje” een “tuigje” (’n harnas) en ’n nieuwe hondenriem (leiband) het ek myself eers gelawe met ’n heerlike koffie en natuurlik ’n appeltaartje.

IMG_4049.jpg

Arme Dobby sou ook sekerlik kon doen met ietsie sterkers as die watertjies by die dierewinkel. Kyk sy nieuwe teugje!

IMG_4051.jpg

Mens sou dink dat die dag hier moet eindig, maar helaas nie.  Nadat ons veilig, met die regte bus, weer tuis is, moes ek (en Dobby, natuurlik) gaan reël dat ons die kleintjies Woensdag vroeër kan kry, aangesien ons by die Den Haagse Gemeente moet gaan registreer.  Dit is klaarblyklik ’n groot ding, want die sekretaresse het sonder om verder te vra hulle dadelik uitgeboek.  Met díe dat dit so maklik gegaan het, besluit ek sommer dat ek en Dobby gaan probeer om met die fiets te gaan inkopies doen by Jumbo.  Alles loop pragtig vlot en ou Dobby doen ’n ligte draffie langs die fiets.  Waarmee ek natuurlik nie rekening gehou het nie, is dat my fiets heelwat swaarder is na my inkopies en met Dobby aan die tou in my linkerhand is die balans maar wankelrig.  Sonder te veel skade (fiets het net een keer omgeval terwyl ek dit gestoot het) het ons darem veilig by die huis gekom.  Ek begin besef dat die meeste van my ongelukke maar aan eie hand is…

Teen 16:45 kom Elmi by die huis met die nuus dat Wilhelmpie sy fiets se sleutels verloor het en nou besig is om huis toe te stap. Sy spaarsleutels is saam met my eerste fiets se sleutels weg. Sy fiets het ’n wielslot wat met ’n sleuteltjie oop en toe sluit – sonder die sleuteltjie kan daardie fiets nêrens heen ry nie.  ’n Redelik senuweeagtige seuntjie daag uiteindelik by die huis op en die “first defense” is: deursoek sy tas.  Ta-daaaa! heel onder lê die verlore sleutel.  Daar gaan ons tweetjies soos in die flieks – ek voor en hy agterop terug skool toe om sy fiets te gaan haal.

So…all in all a good day 🙂

Fiets- en botterprobleme

So het ek ’n tydjie gelede gespog met my nuwe fiets.

Hierdie ene.

IMG_3928.jpg

Die ding is so.  Om vir iemand soos ek te veel keuses te gee is ’n gevaarlike ding. Fietsenwinkel het ’n klousule wat sê dat as jy nie heeltemal tevrede met jou fiets is of voel dat jy die verkeerde keuse gemaak het, jy die fiets binne 100 dae kan omruil vir ’n ander ene. Na my 30 plus kilometers wat ek op een dag moes ry, kom ek tot die konklusie dat ek ’n skokbreker onder my boude kort.  Ek weet Hugo sal sê dat my boude net fietsfiks moet word, maar my persoonlikheidstipe wil die beste keuses maak. Dit help natuurlik ook nie dat Cobus meer van Gazelle fietse hou en ek nou begin twyfel of Gazelle nie tog ’n beter fiets is nie.

Lang storie kort.  Nadat ek vir almal wat net lyk of hulle bereid is om met my oor fietse te praat gevra het of hulle Puch of Gazelle sal kies, besluit ons om my fiets om te ruil vir ’n Gazelle Orange C7 + wat skokbrekers in die saal het en dan ook ’n eg Nederlandse fiets is.

orange-c8-dames_1.jpg

Hier is hy met my tasjes op – myne is swart. Het nogal gedink ek bestel ook ’n kleur soos bogenoemde, maar toe kom daar ’n swart ene wat ek gelukkig eerder verkies!

52880163703__98FB8488-3078-4D4E-83F0-658B38F984A0.jpg

Cobus moes 2 weke wag vir sy fiets en uiteindelik het ons gister gehoor ons kan hom vandag gaan haal.  Een probleempie:  As die fiets nie in die kar pas nie, moet een van ons die kar terugry huis toe en die ander fiets.  Twee probleme daar: Ek het nog nooit in my lewe aan die regterkant van die pad gery nie en selfs aan die linkerkant is ek maar ’n gevaar vir die om my. Die ander probleem is dat Cobus se fiets ’n 61 cm raam is met ’n pyp en my fiets maar ’n 49 cm raam.  Die mates is net om te illustreer dat my beentjies nie lank genoeg is om, selfs al sit ek op die pyp, sekere dele van my anatomie veilig van punt A na punt B kan kry nie.

Gelukkig kan die fiets pas, maar slegs as ons die stuurwiel losmaak en dwars draai.  Klips, breek Vincent, die verkoopsman van Fietsenwinkel, die skroefie morsaf terwyl die helfte nog in die stuurwiel vassit. As mens nie die regte gereedskap het nie, is dit ’n vreeslike gesukkel om die afgebreekte skroefie daar uit te kry. Arme Cobus het met ’n tangetjie probeer, maar die tangetjie glip…IMG_0066.JPG

Nee, sê Vincent, hy sal ’n nuwe fiets moet bestel.  Hy besef duidelik nie hoe lank Cobus al uitsien na sy nuwe fiets nie.  Na nog ’n paar onsuksesvolle probeerslae besluit Cobus hy gaan die fiets net so vat en dan kan Vincent reël dat hulle dit op ’n latere stadium regmaak. Oppad huis toe stop ons vir ons gebruiklike appeltert en koffie

IMG_0067.JPG

en die fietsman by wie ons al ons bykomstighede  vir ons fietse koop, maak toe sommer tjoef-tjaf die fietsie reg.

Kyk net Cobus se mooi fiets

IMG_0068.JPG

Die botterstorie moet eintlik ’n storie op sy eie wees, maar hier is hy ook.

Alles het begin by die feit dat ek ongeduurt is omdat Wilhelmpie Dinsdag ’n tradisionele (Suid-Afrikaanse) gereg skool toe moet bring. Wat is dan nou tradisionele geregte in Suid-Afrika? Biltong, koeksisters, melktert, bunny chow, afval en nog vele ander geregte wat mens nie sonder behoorlike kombuistoerusting kan maak nie. Wat ek het om mee te werk is een slaaibak, ’n plat glas bak wat in die oond kan gaan en 3 cm diep is en ’n whisk. O ja, dit moet in happie vorm wees vir omtrent 10 mense.  My f%k, hoe moet ek dit regkry met wat ek het om te gebruik?!

Ek besluit sommer net daar daar karringmelkpoeding ook tradisioneel Suid-Afrikaans is en kry die resep by Ouma. Koop die bestanddele en besef die botter is te hard en die bak te vlak.  So wil Elmi ’n tekenboek by ’n kunswinkel gaan koop en ek besluit om die botter onder die waterverwarmer te sit sodat dit net meer werkbaar kan wees met die whisk.  Met ons tuiskoms vind ons dat die botter spoorloos verdwyn het en vind na ondersoek, die papiertjies op Dobby se bed… Dit is nou nadat ons net vroeër die dag ’n stukkend geskeurde rol toiletpapier daar gekry het.

Die een ding wat ons almal van botter weet, is dat dit ’n baie goeie smeermiddel is… Terwyl ek al sukkelend die nuutgekoopte harde botter probeer klits en ter lange laas die beslag in sopbakkies in die oond het (met die vlak glasbak onder – vir ingeval die sopbakkies bars), hoor ek die bekende geluid…Daar kots Dobby die hele sitkamer vloer vol.  Die ander ding van botter is dat dit vetterig is – probeer dit nou in braaksel vorm opvee of daarna die implimente was.  Arme Cobus moes opvee, want gewoontlik raak ek nie naar van sulke goed opvee nie, maar iets aan dié gemors was net te veel vir my gestel.

So aan die einde van die dag het Cobus ’n fiets, Elmi ’n tekenboek en Wilhelmpie karringmelkpoeding in sopbakkies.  Ek kan net nie glo ek moet dit nou alles oordoen vir Dinsdag nie.

Polkadot probleme

So het ek polkadot “leggings” (soortgelyk aan die ski-pants van ouds, maar Elmi het my verseker dat dit glad nie “cool” is om meer van ski-pants te praat nie). Die polkadotbroekie van my dien ook as my slaapbroek.  Die ding van kolletjies op ’n rekbare materiaal is dat die kolletjies al groter word hoe meer die materiaal rek en dit lei tot die noodlottige gevolg dat ek met reuse kolle op my boude sit. 😦

So is dit vanoggend die kleintjies se eerste reënerige oggend en dit is ’n geskarrel om die “regenjasjes” aan te trek en die wind waai en die klomp diere probeer by die voordeur uit en ek trek die voordeur toe.  Die oomblik toe die deur toeklik, besef ek:  Ek het myself sopas uitgesluit.  So is ek (in my polkadotbroek), 8:00 am saam met die  kleintjies op die fiets om ’n sleutel by ontvangs te haal. Hulle gaan voort skool toe en ek kon tot die nare gewaarwording dat ontvangs eers 9:00 oopmaak.

Gelukkig het ek ’n reënbaadjie, die stoortjie se sleutel en vir Loki – dié is ook uitgesluit. Daar sit ons tweetjies vir amper ’n uur in die stoortjie van 1m x 2m. Loki het elke 5 minute gaan kyk of die deur nog nie oop is nie en ek het my nuwe fiets van bo tot onder ondersoek.  Teen 8:55 klim ek en my polkadot op die fiets, weer na ontvangs.  Mens sou sweer die meisies wat by ontvangs werk lei aan German Perfection, want hulle maak nie die deure oop voor die sekondwyser nie op die 12 is nie.  Dit is ook waar hulle “perfection” stop, want hulle is eintlik maar treurig, maar ek kry gelukkig my sleutel!

Nadat ek en ou Loki uiteindelik ons ontbyt kon eet, wou ek vandag gaan kyk of ek die Centrale Bibliotheek kan opspoor.  As mens so op ’n vreemde plek kom, raak Google Maps jou beste vriend. Die probleem met Google Maps in Nederland is dat hulle nie rekening hou met die feit dat ek nie so vinnig fiets soos die deursnee Nederlander nie. Volgens Google vat dit so 35 min om tot daar te kom.  Wat Google ook nie in ag neem, is die weerstoestande. Om in reën en wind te fiets met Afrika bene vat toe ’n volle uur.

Teen die tyd dat ek uiteindelik by die Bibliotheek uitkom is ek uitgeput en dood honger.  Was toe darem al 13:15. Net ’n bewys dat ek wel daar was.

52889473969__0AF37DCC-5143-4056-8F10-416B6D9162E2.jpg

Ek is toe al so lus vir koffie dat ek nie eens by die boeke uitgekom het nie, maar reguit na die koffiewinkel wat sowaar binne die biblioteek is.

Heerlik! (behalwe die aaklige marsipaankoekie)

52889472035__F3BBC576-1442-4B78-855C-53FC9490B782.jpg

Kyk net hoe mooi is die huisies – dit was oppad na die biblioteek.

IMG_4752.jpg

Met die kleintjies gaan dit goed, behalwe dat arme Wilhelmpie vandag ’n Franse mondeling moes inhandig wat hy op sy iPad moes maak.  Alhoewel ons maar gesukkel het, is die “slide” gemaak en die mondeling’tjie opgeneem en saam met die slide gesit. Toe ons dit egter vir die juffrou wou stuur, kry ons nie die audio saamgestuur nie.   Na ’n hele paar mails vir die Franse juffrou om ons onbeholpenheid te probeer verduidelik – is die mondeling’tjie uiteindelik gestuur. Of dit toe by haar uitgekom het is ’n ander saak.  Die mense  by die skool moet dink die twee kinders het onnosele ouers.

Moet sê na vandag se gebeure wonder ek ook maar soms oor my eie vermoëns…