Mamma Gaga en haar kleine monsters

Gisteraand was Lady Gaga in Amsterdam – EN ONS OOK!!!!!!

Ek het al ’n hele blog gewy aan hoe ek en Elmi oor Gaga voel: Lady Gaga en ander wat hul tyd te vroeg is.

Tog as mens haar in lewende lywe sien, bly dit steeds ’n ongelooflike gebeurtenis.

IMG_0108.JPG

Sy staan bekend as die kunstenaar wat die beste verhouding met haar “fans” het en ek verstaan nou meer as ooit hoekom.  Al was daar oor die 15 000 mense was dit intiem en het sy net verder gebou aan haar verhouding met haar “Little Monsters”.

IMG_0101.JPG

Sy beklemtoon meer as een keer dat dit ok is om anders te wees:

“No matter gay, straight, or bi
Lesbian, transgendered life
I’m on the right track baby
I was born to survive
No matter black, white or beige
Chola or orient made
I’m on the right track baby
I was born to be brave.”

In haar katedraal is almal welkom – of jy straight of gay, vreemd of normaal is – al wat sy vra is dat jy verdraagsaam is teenoor iedereen.  Baie konsertgangers was met tye so geraak deur was sy sê of vertel dat hulle in trane was.  Haar begrip en ondersteuning vir die “underdog” is eerlik en opreg en iedereen voel dit.

Die liefde wat haar fans vir haar het, vermoed ek is oral dieselfde en haar eerste woorde na die openingsliedjies was:  “Holland, ik hou van jouw!”  en net daarna was:  “Staan op!” Beide sinne in haar beste Nederlands.  Niemand het weer gesit terwyl sy op die verhoog was nie – jy het jou bene gerus terwyl sy gou in 2 min ’n ander kostuum gaan aantrek het.

Lady Gaga is lief vir haar “Kleine Monsters” en hulle adore haar en as jy eers haar fan is, is dit ’n lojaliteit vir ewig.

Elmi sweef steeds en ons sal die konsert as een van ons kosbaarste belewenisse onthou.

Vir die wat graag ’n klein samevoeging van die konsert wil sien, is daar ’n video hier onder:  Kliek op die gekleurde teks

Lady Gaga Konsert

4 gedachtes over “Mamma Gaga en haar kleine monsters

  1. Dit lyk na ’n belewenis – so baie mense. Ek dink nou weer aan die show saam met julle – was dit Vergelegen landgoed? – met die 5000 mense. Vir my was dit iets groots en wonderlik. Watter belewenis moes hierdie ene nie gewees het nie met 15 duisend! Julle beweeg nou in ander kringe!
    Sy is regtig musikaal en het ’n baie mooi lyf!
    😘

    Like

  2. Hallo daar, hoe is dit dan so stil daar in Nederland? Ons mis die saamkuier daar by julle. Lyk my Lady Gaga het julle sonder taal of tyding gelaat!!! verlang na julle.

    Like

Plaats een reactie