Utrecht

Ek vertel altyd vir almal wat net lyk of hulle na my luister dat Nederland se vier ringstede elk hul eie persoonlikheid het.

Rotterdam is die flukse klomp wat hard werk en dink dat sonder hul bydrae, Nederland se hele kapitale bodem gaan uitval.

Amsterdam is die stout ene wat openlik die hele drugs, sex and rock&roll ding doen met ’n hemp wat uithang.  So asof hy weet hy is spesiaal en dat almal hom alles sal vergewe – en almal doen, want hy is Nederland se lieflingskind.

Den Haag is die hoofseun.  Hier word die wette gemaak en die parlement, of dan soos hulle dit noem, die Tweede Kamer sit ook hier, asook die Vredes Paleis.  Alles is altyd skoon en netjies en niks ruik hier na piepie of dagga.

Dan is daar Utrecht, my witbroodjie.  Hy is so ’n mengsel van die ander drie en alhoewel daar niks is wat hom per se besonders maak nie, is hy die lekkerste om in/by te wees.  Die gewone ou wat lief is vir sy ouma, maar ook soms stiekem ’n biertjie saam met sy pêlle drink.

Ons was al twee keer Utrecht toe en ek sal graag weer wil gaan.  Dit herinner aan Stellenbosch en hier vind jy verborge skatte, om elke draai.

L1003570.jpg

Hierdie is ’n paadjie vol woorde.  Hulle sit elke maand ’n letter van die gedig by.

L1003576.jpg

Verder is dit net pragtig.

L1003596.jpg

 

L1003881.jpg

Daar was een of ander Harry Potter byeenkoms.

L1003615.jpg

Toe skoonma en Henk hulle kom kuier het, het ons met ’n bootjie op die kanaal af gevaar.

L1003972.jpg

L1003980.jpg

Hier verduidelik die omie hoe groot die visse is wat hy in die kanaal vang.  Vissermanne se leuens is nie grens gebonde nie.

L1003957.jpg

 

Een gedachte over “Utrecht

Plaats een reactie